Gereformeerde Kerk Potchefstroom en Gereformeerde Kerk Cachet het 'n baie goeie verhouding en werk op verskeie gebiede saam

 

GESAMENTLIKE EREDIENSTE TYDENS UNIVERSITEITSVAKANSIES
Tydens universiteitsvakansies hou ons gesamentlike eredienste in die kerkgebou van Geref Kerk Potchefstroom, waarby albei kerkrade betrokke is.

Die predikante sal ‘n preekrooster opstel, wat ook in ag sal neem sake
soos gewone verlof, langverlof en ander verpligtinge in die kerkverband.

Indien die predikant(e) van ‘n bepaalde gemeente op verlof is, is die predikant wat die Sondag die eredienste waarneem, ook die week verantwoordelik vir pastorale besoeke in albei gemeentes, die lei van begrafnisse en hospitaalbesoeke. Dit geskied na oorlegpleging met die plaaslike predikant (e).

Die moontlikheid bestaan dat daar per geleentheid, met goedkeuring deur die kerkrade, ook ruildienste sal plaasvind tussen die twee gemeentes, wat onderling tussen die predikante gereël kan word.

UITREIKE EN AKSIES
Gereformeerde Kerk Cachet het tans verskeie uitreike en aksies. Indien sodanige aksies hulp benodig, kan die aksies die inligting in die Kerkwerf van GK Potchefstroom plaas. Lidmate van GK Potchefstroom word aangemoedig om betrokke te raak om sodanige aksies te ondersteun in die lig van kontinuiteit.
Die predikant van Gereformeerde Kerk Potchefstroom sal behulpsaam wees met die aanbieding van die eerstejaarskamp wat aan die begin van elke jaar gehou word.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

ADRES:
Walter Sisulu 33
Potchefstroom

DIENSTYE:
Januarie tot Desember
09:30 en 18:00

PREDIKANT:
Ds PA Coetzee
Tel: 018 294 6046

KERKKANTOOR:
Maurylaan
Betsie Coetzee
018 294 4600

PREEKDUPLISERING
Hessel Turkstra

TUISBLAD | PREDIKANT | GESKIEDENIS | PREKE | FOTO ALBUM | BYBELSKOOL
BYBELSTUDIE | JEUG | GEMEENTE-AKSIES | KLEIN KERKIE | OP DIE KERKWERF
DIENSOOREENKOMS MET CACHET | SKAKELS | KONTAK ONS

Gereformeerde Kerk Potchefstroom 2008-2011
Opgedateer op 17 September 2011