DIAKONIE

Die kollekte onder die diens gaan vir die Diens van Barmhartigheid. Hierdie kollekte word deur die Diakonie gebruik om die armes te versorg. Verder reël hulle 9 keer per jaar gemeentebyeenkomste op ‘n Vrydagaand, gewoonlik die laaste Vrydag van die maand. Hierdie byeenkomste is op die kerklike kalender aangedui (indien u ‘n bestelling vooraf wil plaas, kontak Johan du Plessis of Pieter Bouwsema by die kerkkantoor).

Die diakens het ‘n bussiediens. Die bestuurder se naam is elke week op Die Kerkwerf.

In die saal is daar ‘n boks waarin gemeentelede kruideniersware kan skenk. Ons ontvang graag: langlewe melk; koffie; suiker; tee; kitspoeding; koekies; koeldrank; koekmeel; olie; tamatie en uie smoor; konfyt; stroop; tamatiesous; Handy Andy; skottelgoedseep; bleikmiddel; wasgoedseep; tandepasta; lyfseep; ens.

This entry was posted in Kerk.