Stigting van ons kerk

Nêrens lees ‘n mens van die formele stigting van ons gemeente nie. Die ou vaders het blykbaar nie besef dat hulle besig was om geskiedenis te maak nie. Hulle was eenvoudige en eerlike manne wat baie lief was vir hulle kerk en in hulle harte het ‘n liefde vir die vaderland gebrand. Die heel eerste notule is op blou papier van goeie gehalte geskryf en die klein bundel bevat die notules van 1863 tot 1866. Die eerste notule begin bloot met die datum 17 April 1863 in die handskrif van ds. Dirk Postma. Daar was slegs twee ouderlinge en een diaken teenwoording saam met die voorsitter. Die vergadering het waarskynlik op ouderling Flip Schutte se plaas plaasgevind. Op Potchefstroom was nog geen eie kerkplek nie. Daar is besluit dat die klein gemeente drie maande later op Potchefstroom sou vergader. Die verkryging van grond vir die bou van ‘n eie kerk en pastorie was van die eerste sake wat aandag gekry het. Na baie toutrek is die ou markplein bekom op voorspraak van president Pretorius.

Fotokopie van die eerste bladsy van die notule van die kerkraadsvergadering op 17 April 1863 in die handskrif van ds. Dirk Postma

 

Op Sondag 19 April 1863 is die eerste kinders in die gemeente deur ds. Postma gedoop. Die eerste dopeling was ‘n dogtertjie wat na haar ouma vernoem is: Maria Cornelia Elizabeth, gebore 5 Maart 1863. Die ouers was Andries C. en Susanna E. Janse van Vuren. As getuie het die oupa en ouma geteken, nl. Sarel Gerhardes Yssel en sy vrou, dogter van Gert van Vuren, een van die eerste diakens. Die Yssels was van die plaas Elandskuil, distrik Ventersdorp. Nog sewe ander kinders is gedoop.

 

1 2 3 4 5

ADRES:
Walter Sisulu 33
Potchefstroom

DIENSTYE:
Januarie tot Desember
09:30 en 18:00

PREDIKANT:
Ds PA Coetzee
Tel: 018 290 6778

KERKKANTOOR:
Maurylaan
Betsie Coetzee
018 294 4600

PREEKDUPLISERING
Hessel Turkstra

 

TUISBLAD | PREDIKANT | GESKIEDENIS | PREKE | FOTO ALBUM | BYBELSKOOL
BYBELSTUDIE | JEUG | GEMEENTE-AKSIES | KLEIN KERKIE | OP DIE KERKWERF
DIENSOOREENKOMS MET CACHET | SKAKELS | KONTAK ONS

Gereformeerde Kerk Potchefstroom 2008-2011
Opgedateer op 21 Mei 2011