![]() |
![]() |
Die huidige kerkgebou is op 2 Mei 1959 in gebruik geneem en dus vyftig jaar oud in 2009. |
![]()
Die vorming van die toring beeld die leer uit wat in die betrokke Skrifgedeelte voorkom. Argitek Johan de Ridder het gepoog om die oue en nuwe in die boustyl te verenig. Hy het ook die ontwerp van die orrel gedoen. Die banke is van soliede kiaathout en daar is ongeveer sitplek vir 400 mense. Die agterste gedeelte van die gebou is so ontwerp dat dit as saal gebruik kon word en daarom is daar ook ‘n verhoog gebou met pragtige gordyne. Daarwas altyd los stoele. Die verhoog is egter tot ‘n moederskamer ontskep en permanente banke is ingesit in die agterste gedeelte van die gebou. Die ouderlinge en diakens het elk sitplek vir ongeveer een en twintig persone. Hierdie kerkgebou met sy hoë toring het ‘n bekende baken in die sentrale gedeelte van Potchefstroom geword.
![]()
![]() |
In 1984 is 'n verdere groot bouprojek afgehandel toe ‘n nuwe saal en katkisasielokale in gebruik geneem is |
![]()
In 1984 is 'n verdere groot bouprojek afgehandel toe ‘n nuwe saal en katkisasielokale in gebruik geneem is. Baie geld is gespaar omdat gemeentelede met die bouery gehelp het. Een van ons kerkraadslede het die ontwerp en die bouwerk onderneem. ‘n Goed toegeruste kombuis met spens is ingerig. Daar is ook ‘n stoorkamer, kleedkamers, ses katkisasie lokale en ‘n groot bovertrek wat nou die jeugkamer is. Groot skuifdeure loop uit op die binneplein. Hierdie ruimte met sy eie kareebome is van plaveistene voorsien. Rondom die bome is sitplekke gebou. Hierdie binneplein is besonder prakties en die gemeente vergader gereeld hier. Die gebouekompleks het R140 000 gekos.
ADRES:
Walter
Sisulu 33
Potchefstroom
DIENSTYE:
Januarie tot Desember
09:30 en 18:00
PREDIKANT:
Ds PA Coetzee
Tel: 018 290 6778
KERKKANTOOR:
Maurylaan
Betsie Coetzee
018 294 4600
PREEKDUPLISERING
Hessel Turkstra
TUISBLAD
| PREDIKANT | GESKIEDENIS
| PREKE | FOTO ALBUM | BYBELSKOOL
BYBELSTUDIE | JEUG
| GEMEENTE-AKSIES | KLEIN
KERKIE | OP DIE KERKWERF
DIENSOOREENKOMS MET CACHET | SKAKELS
| KONTAK ONS
Gereformeerde Kerk Potchefstroom 2008-2011
Opgedateer op 21 Mei
2011