OKTOBERFEES 2018

Die Oktoberfees is alweer om die draai, en dit gaan groot pret wees. Bring al jou vriende en familie en geniet ‘n lekker dag saam met ons.

Wanneer – 27 Oktober 2018

Waar – Gereformeerde Kerk Potchefstroom

Kontak Karin Bain vir meer besonderhede op 082 532 1620

Lys van tafels:

GEBAK – Amanda du Plessis en Ina Steyn
Hier kan jy vars gebakte beskuit, koekies, groot koeke en terte koop.

TEETUIN – Erika Venter en Karin Bain
Nooi jou vriendinne en kom drink lekker koffie, tee of iets koud in die Klein Kerkie. Ons het
ook die heerlikste koeke.

POEDINGS – Leana Mostert
Wat is ‘n verkoping sonder die poedingtafel? Koue en warm poedings met baie vla is hier te
koop.

PANNEKOEK – Marlise Stoop
Die span bakkers maak emmers vol deeg aan sodat jy baie pannekoeke kan kom koop.

NAALDWERK EN GESKENKE – Saartjie Badenhorst
Handwerk van ons susters word hier verkoop. Dis die ideale plek om te kom soek na
geskenke vir jou vriendin of vir die juffrou.

VLEISTAFEL – Johan Viljoen
Hierdie jaar verkoop ons vleis. Ons maak nog bymekaar en as ons weet wat ons gekry het,
sal ons meer vertel.

WIT OLIFANT – Flip Mostert en Faan Steyn
Dis die tafel met die winskopies. Voordat jy vir iets nuut gaan soek, kom maak ‘n draai by die
wit olifanttafel.

KINDERS – Mariska van Tonder
Vir die kinders het ons speletjies, lekkers en oulike dinge te koop.

HAMBURGERS – Mietsie Hamman en Rudy van der Spoel
Ons gemeente se diakens het die maak van hamburgers tot ‘n kuns ontwikkel. Kom koop
gerus en ons neem ook vooraf bestellings.

KERRIE & RYS – Inneke Bakker
Vir Saterdagmiddag en aand hoef jy nie te kook nie. Kom koop bakkies Kerrie en rys en
warm net op vir ‘n heerlike ete.

Laat weet asseblief jou wyksuster as jy kan help of iets skenk.

Ons sien uit na nog ‘n wonderlike fees!

This entry was posted in Kerk.

Leave a Reply