PSALM 19:2

Die hemel getuig van die mag van GOD,
die uitspansel maak die werk van sy hande bekend.

Sou u eerder die preke, nuusbriewe en weeklikse oordenkings per WhatsApp wou ontvang? Druk op die boonste WhatsApp knoppie om by die groep aan te sluit.
(Hierdie knoppie werk slegs om slimfone)


Opsoek na iets anders?

Druk op enige van die volgende knoppies om na die respektiewe blad verwys te word:


Kerkbelange

Kliek op enige van die onderstaande prente vir meer inligting.


Die Ou Kerkie, gebou in 1867, is ‘n kosbare kleinood en voorbeeld van die Volksboukuns. Sover vasgestel kan word is dit die oudste bestaande Gereformeerde kerkgebou noord van die Vaalrivier, asook een van die oudstes in die land. Dit was 30 jare aktief in die gebruik in die tydperk tussen 1867 – 1897.

Dit het ‘n gewyde atmosfeer en eenvoud waar daar deur middel van die korrekte interieur ‘n unieke opset ideaal vir ‘n huweliksbevestiging geskep is.

Funksies kan bespreek word by Pieter Bouwsema, kliek op Kontak Ons.


Ons onderskryf vyf beginsels van die Reformasie

Aan God alleen die eer ~ Soli Deo Gloria
Deur Christus alleen ~ Solo Christo
Slegs deur genade ~ Sola Gratia
Slegs die Skrif ~ Sola Scriptura
Slegs deur geloof ~ Sola Fide

Ons glo en bely

  • Nederlandse Geloofsbelydenis
  • Heidelbergse Kategismus
  • Die Dordtse Leerreëls

Die Gereformeerde Kerk Potchefstroom bestaan al van 1859.
Ons lidmate woon verspreid deur Potchefstroom en sy omliggende dele.

Die gemeente is in 5 blokke verdeel:

A: wyke, hoofsaaklik lidmate in die ouderdomsgroep 50-70;
B: wyke, hoofsaaklik lidmate in die dorp, ouer as 70;
C: wyke, al die lidmate wat in tehuise vir bejaardes woon;
D: wyke met hoofsaaklik naskoolse jeug;
E: wyke met die lidmate wat voorskoolse en skoolgaande kinders in die huis het.

  • Die Apostoliese Geloofsbelydenis
  • Die Geloofsbelydenis van Nicea
  • Die Geloofsbelydenis van Atanasius

In die skooltermyne is daar tee en koffie na die diens terwyl die kinders katkisasie het.

Daar is ‘n bussiediens vir gemeentelede wat nie oor eie vervoer van en na die eredienste beskik nie.
Die diaken wat op ‘n bepaalde Sondag die bussie bestuur, se besonderhede word weekliks in Op die Kerkwerf aangedui.

Bo aan die webblad is kerkbelange, daar kan meer gelees word oor opkomende byeenkomste en meer.

Vir meer oor dankoffers of kerk se bankbesonderhede, kyk onder aan die webblad.

Indien u meer wil weet, gaan na die Kontak Ons bladsy.


Ds. Jannes van Dyk en sy vrou Yolandé met Hanró en Suhanli. Ds. Jannes is bevestig in Maart 2021. Hanró word in Augustus ses en Suhanli is vier. Dit is die eerste beroep wat hy aanvaar het. Hulle het voorheen gewerk in die Gereformeerde Kerk Ventersdorp. Ds. Jannes is in Januarie 2008 daar bevstig. Yolandé en ds. Jannes trou in dieselfde gemeente in Maart 2013. Yolandé is ’n kleuterskoolonderwyseres.


Indien u, u dankoffer elektronies wil inbetaal kan u die volgende besonderhede gebruik.

Bank: ABSA
Rekeningnaam: Gereformeerde Kerk Potchefstroom
Rekeningnommer: 0680340137
Takkode: 335-138
Verwysing: Skryf asseblief u voorletters en van

Daar is koevertjies by die deure wat lidmate kan gebruik om hul dankoffer in te sit en dan die koevert te pos in die grys busse. Die bydraes word elke tweede Sondag deur ‘n kommissie van die Kerkraad getel.