OGGEND
Laai preek af
Skriflesing: --
Teks: --
TEMA: --
AAND
Skriflesing: Psalm 55: 1-24
Teks: Verse 1, 7, 23
TEMA: Ek kan nie van God af wegvlug nie.
Soms voel dit asof alles vir 'n mens te veel raak en jy van alles en almal wil wegkom. Hierdie Psalm van Dawid is 'n onderwysing waarin hy onderrig gee. Die Here leer deur Sy Gees hoe ons in beproewings nie moet optree nie, maar ook hoe ons wel moet maak.
Dawid verkeer in groot nood oor die vervolging deur sy vyande wat hom wil doodmaak. (Verse 5, 6) Hy bid maar voel verder dat hy self ook 'n plan moet maak. Tipies menslik, wil hy wegvlug van alles af. (Verse 7 - 9) Ja, selfs sy vriend het hom in die steek gelaat. Wegvlug van alles af, help nie. En waarheen kan jy vlug om van God af weg te kom? Selfs al het jy vlerke soos 'n duif. Dit sal nie help nie. Hierdie worsteling van Dawid bring hom uiteindelik by God uit. By Hom alleen vind jy rus en vrede onder alle omstandighede.
Wat moet jy doen in jou nood?
In Christus het God se sorg vir ons sy hoogtepunt bereik toe Hy aan die kruis in ons plek gesterf het.
Ons kan al ons bekommernisse op Hom gooi. (1 Pet 5:7)
Skriflesing: 1 Korinthiërs 7: 17 - 31
Teks: 1 Korinthiers 7: 23. Sondag 13
TEMA: Ons Here het ons vrygekoop om sy dienaars te wees
Skriflesing: Matteus 24: 1 – 28
Teks: Matteus 24: 12
TEMA: Die liefde wat verkoel weens minagting van God se wet is teken van die eindtyd
Skriflesing: Matteus 18:1-5 / Markus 10:13-16
Teks: Markus 10:14
TEMA: Jesus seën die kindertjies
Skriflesing: Johannes 19: 25 – 27 / Johannes 19:14-31 / Lukas 2: 34-35
TEMA: Liefde-Omgee aan die Kruis
Oor al die eeue woed 'n stryd tussen selfsug en omgee. Hierdie stryd kom duidelik na vore wanneer ons Here Jesus aan die kruis hang. Die Jode met hulle raadslede, saam met die soldate van die keiser spot Hom en geniet sy lyding. Vasgekap aan die kruis, in geweldige pyn, reën venyn en haat op Hom neer. En dan 'n sinnetjie in die Bybel oor omgee – 'n sinnetjie wat jou in jou hart ruk (Joh.19: 25): “By die kruis van Jesus het ook nog Sy moeder ... gestaan”.
Skriflesing: Hebreërs 1:1-14
Teks: Hebreërs 1:1, 2, 3
TEMA: God het klaar met ons gepraat deur sy Seun - Sondag 12