
Gereformeerde Kerk
Potchefstroom
Bybelstudie


BYBELSTUDIES – VIR GELOOFSGROEI
Daar word ‘n spesiale beroep gedoen op alle lidmate om weer te besin oor die bywoning van ‘n Bybelstudie in ons gemeente. Ons Bybelstudies is juis so gestruktureer dat al die lidmate kan inskakel. Ons hoor dikwels van baie snaakse leerstellings wat kwytgeraak word by sommige “Bybelstudiegroepe” en oordeel dat dit veiliger is as lidmate inskakel by Bybelstudies wat ons gemeente self aanbied. Baie ure word spandeer om voor te berei vir die Bybelstudies.
Gemeente Bybelstudie 18:00 by Konsistorie. Voëlvlug deur die Nuwe Testament van Prof. Jorrie Jordaan. Gelei deur Ds. Jannes van Dyk.
Vir al ons bejaarde lidmate (60 – 100), ook in die dorp, is daar Dinsdae om 15:00 Bybelstudie in Eikelaan se eetsaal, gelei deur Prof. Callie Coetzee.
Huis Eikelaan
Dinsdae om 15h00 – Rooi sitkamer
Plek: Huis Eikelaan, Tomstraat 33
Kontakpersoon: Prof Callie Coetzee
Tyd: 18:00
Plek: Konsistorie
Kontakpersoon: Ds van Dyk